Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus in Nelson Mandelabaai rol moue op te midde van staking

Terwyl dienslewering in Nelson Mandelabaai-metro (NMB) tot stilstand gekom het deur werkers van verskeie departemente wat staak, het VF Plus-lede van regoor die metro self begin om vullis te verwyder.

Sowat 4 000 lede van die vakbond Samwu neem deel aan die staking wat ‘n groot impak het op vele terreine soos infrastruktuur, energie, veiligheid- en verkeersdienste en vullisverwydering. Lede eis R7 000 per maand terugwerkend as oortydbetaling vir die tydperk wat dienste gelewer is nadat die nasionale inperking in April 2020 in werking getree het.

Dit is belangrik dat die munisipaliteit en Samwu spoedig ‘n ooreenkoms hieroor bereik om te verhinder dat dienslewering in die metro totaal in duie stort.

Die VF Plus sal in belang van alle inwoners van die metro aanhou om met alles in sy vermoë te veg vir gehalte dienslewering en sal intussen saam met die inwoners werk om so ver as moontlik toe te sien dat vullis steeds verwyder word.

Navrae: 072 582 3461

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.