fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwelkom VBS-hofuitspraak wat ANC-kaders kortwiek

Die VF Plus verwelkom die uitspraak in die hooggeregshof in Pretoria waarin die aansoek van Kabelo Matsepe om ‘n deel van die munisipale finansiële regulasies ongeldig te laat verklaar van die hand gewys is.

Matsepe was een van die hooffigure in die VBS-bank- en munisipale bedrogskandaal

Matsepe wou spesifiek die klousule wat munisipaliteite verbied om belastinggeld by ongeregistreerde banke te deponeer, ongeldig laat verklaar.

Die oortreding van hierdie regulasies vorm deel van die grondslag van die strafregtelike klagte waarop hy en ander betrokkenes by die VBS-bankskandaal tereg staan.

Dit is duidelik dat Matsepe, ‘n voormalige ANC-jeugleier en ander ANC-leidsliede, wat saam met hom by die korrupsie en bedrog by die bank en munisipaliteite betrek word, se pogings om wetgewing te omseil, futiel is.

Die howe dwing nou anti-korrupsie wetgewing af nadat die ANC-regering vir jare reeds daarin gefaal het om die grootskaalse diefstal en bedrog deur ANC-kadernetwerke in munisipaliteite te bestry.

Die VBS-bankskandaal sou nie kon plaasvind indien die ANC-regering sy grondwetlike verpligting tot doeltreffende oorsig op alle regeringsvlakke nagekom het nie.

Suid-Afrikaners verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.