fbpx
Vryheidsfront Plus

Polokwane: VF Plus bewerkstellig beter bestuur van Tom Naudé-park

Die VF Plus het daarin geslaag om die bestuur van die Tom Naudé-park in die Polokwane-plaaslike munisipaliteit (Pietersburg) in die kollig te plaas tydens ‘n strategiese beplanningsessie van die munisipaliteit.

Daar is ook ná druk van die party sedertdien in die geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) begroot vir die beveiliging, opgradering en beter beheer van die park.

Dit behels onder meer die bou van ablusiegeriewe, aangewese braai-areas, 'n sekuriteitsgebou, 'n heining om die park vir toegangsbeheer en die skoonmaak van die dam.

Dié park kan by die munisipaliteit gehuur word vir private gesellighede en is neffens die Hoërskool Tom Naudé geleë.

Die VF Plus het in Mei vanjaar ná vele klagtes van inwoners oor oorverdowende lawaai in die park en die gepaardgaande bemorste toestand waarin dit gelaat word, daarin geslaag om dit te laat opruim voor die aanvang van die nuwe skoolweek.

Die party het aanhou druk uitoefen op die munisipaliteit om beter beheer en sekuriteit by die park in te stel. Dit het nou vrugte afgewerp.

Die VF Plus sal aanhou veg vir die inwoners van Pietersburg se reg om in ‘n veilige en skoon omgewing te woon en werk.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.