fbpx
Vryheidsfront Plus

Skaf ministerie van toerisme af

Die VF Plus het vandag tydens ‘n parlementêre debat uitgewys dat die ministerie van toerisme ‘n nuttelose regeringstruktuur is wat nie in in staat is om sy gestelde mandaat uit te voer nie en daarom afgeskaf behoort te word.

Uitsprake van die ANC-regering dat hy toerisme as ‘n sleutel-ekonomiese sektor ondersteun, is blote propaganda.

Die ministerie delegeer die meeste van sy substantiewe funksies na die staatsentiteite, Toerisme-SA en Brand South Africa.

Lindiwe Sisulu, die minister van toerisme, kom meestal afwesig voor en moet boonop herhaaldelik herinner word dat sy verantwoordbaar aan die parlement is.

Die ministerie kan geensins self ‘n konstruktiewe bydrae lewer tot die bevordering van toerisme in die land nie en is grootliks van ander departemente afhanklik om ‘n toerisme-vriendelike omgewing te skep.

Die ANC-regering het boonop die land tot só ‘n stand van verval regeer dat dit byna onmoontlik is om Suid-Afrika as ‘n toerismebestemming te bemark.

Met die hoë misdaadvlakke en verval in infrastruktuur is dit ‘n wonder dat Suid-Afrika nog buitelandse besoekers kry.

‘n Tragiese voorbeeld hiervan is die verval van top-toeristebestemmings soos Durban waar die riool oor die strande stroom.

Hierdie stand van sake is ten spyte van vele ANC-regeringsbeloftes dat hy wel die potensiaal en waarde van die toerismesektor waardeer en respekteer.

Die werkskeppingspotensiaal in die sektor is enorm. Ten spyte hiervan word onsinnige beleid geïmplementeer wat groei en investering in die sektor in die wiele ry.

Die ANC-regering faal hierin weereens alle Suid-Afrikaners wat kon baat vind in ons land se toerismepotensiaal.

Dit is duidelik dat die ministerie bloot ‘n leë dop is met ‘n klomp oortollige amptenare wat deur belastingbetalers gefinansier word sonder om enigsins ‘n bydrae te lewer.

Die departement behoort by ‘n ander ministerie ingelyf te word en toerisme moet toegelaat word om sonder die beleid van ‘n magsbehepte ANC-regering te floreer.

Suid-Afrikaners verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.