Die VF Plus verwelkom die Valke se ondersoek na moontlike ongerymdhede by City Power in die Johannesburgse metro.
Dit het reeds in die veelparty-koalisieregering, waarvan die VF Plus deel was, se tydperk (2016 tot 2021) aan die lig gekom dat City Power nie Johannesburg se kragnetwerk behoorlik kan onderhou nie.
Die party is dus nie verbaas dat die Valke se voorlopige ondersoek melding maak van abnormale en buitensporige bedrae wat aan sekere kontrakteurs uitbetaal is nie.
Die ondersoek het ook bevind dat City Power self die werk kon verrig in stede daarvan om kontrakteurs aan te stel.
Vrae het ook oor die afgelope paar jaar ontstaan oor die kwaliteit van vakmanskap en toerusting wat gebruik word om die kragnetwerk te herstel en in stand te hou.
Die VF Plus skryf hierdie toedrag van sake toe aan verlore kundigheid en die aankoop van substandaard toerusting teen opgeblase pryse.
Die party is ook bekommerd oor die komende reΓ«nseisoen wat weer tot Ε rits kragonderbrekings gaan lei wanneer transformators breek en aan die brand slaan.
Dit is nie beurtkrag wat die stad lamlΓͺ nie, maar City Power se gebrekkige vermoΓ« om die netwerk optimaal te laat funksioneer.
Die VF Plus sal die ondersoek noukeurig volg en daarop aandring dat daar daadwerklik teen skuldiges opgetree word.


