Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwelkom uitsetting van Heidelberg Beer Festival

Die VF Plus verwelkom die uitspraak van die Gautengse hooggeregshof wat die Heidelberg Beer Festival CC beveel het om die perseel van die Heidelberg Erfenismuseum (ook bekend as die Heidelberg-Vervoermuseum) te ontruim weens onwettige besetting, onbetaalde skuld en veiligheidsbekommernisse oor die perseel.

Die VF Plus het die Lesedi-plaaslike munisipaliteit (Heidelberg, Ratanda, Devon, Impumelelo) gewaarsku om die aangeleentheid spoedig op te los synde die eienaar van die Heidelberg Beer Festival, Bouwe Wiersma, nie ʼn wettige huurkontrak met die munisipaliteit aangegaan het nie en dus die perseel vir die afgelope 19 jaar onwettige beset het.

Wiersma het ʼn bierbrouery op die perseel begin en geboue onderverhuur aan onder meer restaurante en ʼn fotografie-onderneming. Daar is ook feeste op die perseel aangebied.

Verskeie inwoners het by die VF Plus om hulp aangeklop oor die geraas tydens die feeste.

Die eienaar het ook nie die uitstaande kragrekening van R1,3 miljoen aan die munisipaliteit betaal nie wat restaurante gedwing het om van kragopwekkers gebruik te maak om klante te bedien.

Die VF Plus is bly dat die aangeleentheid uiteindelik afgehandel is en daar nuwe planne gemaak kan word om die perseel te benut tot voordeel van inwoners en die munisipaliteit.

Die party het reeds aan die burgemeester, mnr. Mluleki Nkosi, en die waarnemende munisipale bestuurder, mnr. Thodeka Zondi, voorgestel om organisasies soos onder meer die Heidelberg-erfenisvereniging en Heidelberg Hope te nader om die museum te bemark.

Die VF Plus is ten gunste daarvan dat die museumterrein in geheel as ʼn geskiedkundige erfenis vir die toekoms bewaar word en sal alles in sy vermoë doen om dit te bewerkstellig.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.