Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwelkom totstandkoming van ‘n ad hoc-komitee van die parlement om op ‘n dringende basis met die OB se Nkandla-verslag te handel

Die VF Plus verwelkom die aankondiging van die Speaker van die parlement dat 'n ad hoc-komitee ingestel word om te handel met die verslag van die Openbare Beskermer oor Nkandla. Die ad hoc-komitee sal ook handel met die antwoord van die President met betrekking tot die Nkandla-verslag asook met die Proklamasie wat die Spesiale Ondersoekeenheid se ondersoek gemagtig het. Die VF Plus het na die bekendmaking van die OB se verslag met betrekking tot Nkandla vir 'n openbate debat sowel as vir die instelling van 'n ad hoc-komitee gevra.

Die ad hoc-komitee moet sy verslag teen 30 April aan die parlement lewer sodat die parlement byeen geroep kan word om met die verslag te handel voor die verkiesing van 7 Mei 2014. Daar rus ‘n baie groot verantwoordelikheid op hierdie ad hoc-komitee om reg te laat geskied aan die bepalings van die Grondwet, sowel as om toe te sien dat die parlement en wetgewende gesag hulle oorsigrol oor die President en die Uitvoerende gesag behoorlik vervul.

 

Kontaknommers:
083 626 1497 / 083 419 5403

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.