Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus geniet toenemend steun onder boere in Gauteng

Boere sê toenemend hul steun aan die VF Plus toe, sê mnr. Jaco Mulder, lid van die Gauteng Wetgewer en leier van die VF Plus in die provinsie.

Tydens ‘n vergadering Maandagaand net buite Vereeniging, het ‘n groot aantal boere van die distrik hul kommer uitgespreek oor die nuutste grondplanne van die minister van Grondsake en hul steun aan die VF Plus toegesê. Die VF Plus is die enigste party in die parlement wat onlangs teen die heropening van grondeise gestem het.

Gauteng beskik oor ‘n beduidende hoeveelheid boere en landbou-aktiwiteite ten spyte van die hoofsaaklik stedelike aard van die provinsie en die landbouers van Gauteng speel ‘n belangrike rol om die kosmandjie van die provinsie aan te vul.

Tydens die vergadering het VF Plus-raadslid Nic Jansen van Rensburg van die Emfuleni-raad ook talle klagtes hanteer oor moontlik foutiewe landelike belasting wat in die gebied gehef word.

Die VF Plus gee reeds sy volgehoue ondersteuning aan die landbou-gemeenskap in die provinsie, veral ook met die rol wat die leier van die party en adjunkminister, dr. Pieter Mulder, die afgelope termyn in die landbou kon speel.

 

 

Kontak: 082 466 3786

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.