Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwelkom optrede teen ses lede van Ekurhuleni-metropolisie weens beweerde diefstal en bedrog

Die VF Plus verwelkom die inhegtenisname van ses metropolisielede van die Ekurhuleni-metropolisie (EMPD) wat vandag saam met vier polisielede in die Germistonse landdroshof verskyn op aanklagte van beweerde diefstal en bedrog.

Die tien beamptes het in Junie ʼn klopjag op ʼn winkel in Edenvale uitgevoer en het na bewering nie al die goedere waarop hulle beslag gelê het, by die polisiekantoor aangeteken nie.

Daar is onder meer beslag gelê op R35 000 kontant, sigarette ter waarde van R150 000 en hoofpynpille ter waarde van R5 000.

Lede van die EMPD wat by hierdie tipe sake betrek word, veroorsaak dat die publiek se vertroue in die metropolisie verder verswak en dat eerlike lede oor dieselfde kam geskeer word.

Die VF Plus eis dat indien die lede skuldig bevind word, daar streng teen hulle opgetree word om as afskrikmiddel te dien vir ander lede van die EMPD.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.