Die VF Plus verwelkom die Mogalakwena-plaaslike munisipaliteit (Potgietersrus) se besluit om die voorgestelde verhoging van die basiese elektrisiteitsheffing vir huishoudelike voorafbetaalde verbruikers van R100 na R200 op te skort.
Hierdie stap bied tydelike verligting aan inwoners wat reeds onder groot finansiรซle druk verkeer.
Hoewel dit โn positiewe stap is, kan die oplossing nie wees dat die finansiรซle tekort eenvoudig deur ander tariewe of heffings verhaal word nie. Elektrisiteitstariewe moet billik, deursigtig en in ooreenstemming met die vereistes van Nersa vasgestel word en behoorlike openbare deelname moet plaasvind voordat nuwe tariewe ingestel word.
Die grootste kommer is die tariefstruktuur wat op landbouverbruikers toegepas word. Ingevolge die goedgekeurde tariefskedule word sekere plase onder die Industriรซle Laespanning (Industrial Low Voltage)-tarief geklassifiseer. Hierdie klassifikasie sluit โn vaste diens- en administrasieheffing van R4 385 per maand in, tesame met bykomende netwerk-, kapasiteits- en ander heffings. Hoewel die energietarief R1,7517 per kWh beloop, vorm dit slegs โn deel van die totale rekening.
Daar is ook berigte dat verbruikers volgens kodes geklassifiseer word, sonder dat hierdie kodes op die tariefskedule verduidelik word. Dit skep onsekerheid oor waarom sekere boere onder โn industriรซle tarief geplaas word eerder as onder โn afsonderlike landbou- of huishoudelike tarief.
Verder verskyn verskeie heffings op rekeninge, waaronder bykomende heffings en nalatenskapheffings, sonder dat voldoende verduideliking aan inwoners verskaf word oor presies wat dit behels.
Hierdie gebrek aan deursigtigheid maak dit vir verbruikers bykans onmoontlik om hul rekeninge behoorlik te verstaan of te verifieer.
Die VF Plus doen daarom โn beroep op Mogalakwena om die huidige tariefstruktuur en die klassifikasie van landbouverbruikers dringend te hersien.
โn Omvattende koste-van-voorsiening- en tariefhersiening moet onderneem word sodat tariewe die werklike koste van dienslewering weerspieรซl, sonder dat enige groep verbruikers onbillik benadeel word.
Die VF Plus sal aanhou sorg dat inwoners teen onregverdige tariewe beskerm word en dat elektrisiteitstariewe op โn wettige, deursigtige en verantwoordbare wyse toegepas word.


