Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Dringende veiligheidsoudit nodig vir kragverspreidingsbokse in Govan Mbeki

Die Govan Mbeki-plaaslike munisipaliteit moet onmiddellike optree rakende die gevaarlike toestand van talle elektriese kragverspreidingsbokse in dié munisipaliteit.

Die party het ’n dringende versoek gerig aan die munisipale bestuurder, Elliot Maseko, om ’n volledige veiligheidsoudit uit te voer op die kragverspreidingsbokse in area 2 (Secunda, Kinross, Evander en Trichardt).

Baie van hierdie bokse staan wawyd oop sonder deure, is erg geroes en word gereeld gevandaliseer. Dit skep ernstige veiligheidsrisiko’s. Die diefstal van koper en stroombrekers veroorsaak elektriese skokgevare en ‘n verhoogde brandrisiko. Dit dra ook by tot herhaalde en langdurige kragonderbrekings wat inwoners en sake-eienaars daagliks benadeel.

Die munisipaliteit het ’n wetlike en morele plig om inwoners teen sulke voorsienbare gevare te beskerm en betroubare elektrisiteit te lewer.

Die VF Plus sal die situasie noukeurig monitor en verwag dat die munisipaliteit vinnig ’n herstelplan en duidelike tydraamwerk sal verskaf om hierdie infrastruktuur te beveilig.

’n Vergadering met die adjunkdirekteur van die elektriese afdeling, mnr. Seruntla, word ook binne sewe dae beoog.

Die gevaarlike toestand van kragverspreidingsbokse en die herhalende kragonderbrekings is die direkte gevolg van die ANC se jare van wanbestuur en versuim om basiese infrastruktuur te beskerm.

Op 4 November kan inwoners VF Plus stem vir verantwoordbaarheid, ’n munisipaliteit wat sy wetlike plig nakom en vir ’n bestuur wat veiligheid en betroubare dienslewering eerste stel.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.