fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwelkom inhegtenisneming van polisielede vir beweerde korrupsie by Musina-grens

Die VF Plus verwelkom die inhegtenisneming van ses polisiebeamptes wat na bewering betrokke was by korrupsie by die Musina-grensoorgang.

Die onwettige invoer van sigarette vind glo reeds ‘n geruime tyd oop en bloot plaas by dié grensoorgang tussen Suid-Afrika en Zimbabwe.

Volgens genl.maj. Samuel Manala het verskeie klagtes vanaf die publiek gelei tot ’n intensiewe ondersoek oor die smokkelnetwerk en die optrede teen die polisielede verlede week. Die lede sal vandag in die landroshof op Musina verskyn.

Die VF Plus hoop dat hierdie aangeleentheid as ‘n voorbeeld vir misdadigers en korrupte polisielede sal dien.

Die ANC-regering het vir 28 jaar ’n tendens van korrupsie met eiereg en straffeloosheid geskep wat verskans geraak het in die samelewing.

Die politieke wil en toewyding om korrupsie te beveg moet op hoogste vlak in die regering begin. Slegs 'n verandering van regering in 2024 sal dit vermag.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.