Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwelkom die ooreenkoms tussen Stad Kaapstad en taxi-bedryf

Die VF Plus verwelkom die ooreenkoms tussen die Stad Kaapstad en die plaaslike taxi-bedryf wat tot die beëindiging van die wydverspreide en gewelddadige taxi-staking in die Wes-Kaap gelei het.

Die VF Plus betreur die geweldpleging tydens die staking en die dood en beserings van onskuldige mense wat daardeur veroorsaak is. Daar is ook groot skade aan eiendom en infrastruktuur aangerig wat tot niemand se voordeel strek nie.

Alhoewel die VF Plus die einde van die staking verwelkom, is die party van oordeel dat die ooreenkoms nie ʼn kompromie mag wees met betrekking tot die toepassing van wet en orde nie.

Geen individu of organisasie is bo die wet verhewe nie en die toepassing van die landswette moet sonder vrees en vooroordeel toegepas word op diegene wat hul aan misdadige gedrag skuldig maak.

Die VF Plus vertrou dat die partye betrokke elkeen se verantwoordelikhede verstaan en respekteer om sodoende ʼn langtermyn-oplossing in belang van die mense van die Wes-Kaap tot gevolg te hê.

Die VF Plus wil graag sy medelye betuig teenoor die naasbestaandes van diegene wat tydens die staking dood en beseer is.

Die VF Plus bedank ook die inwoners van die Wes-Kaap vir hul samewerking en begrip dat daar teen onverskillige padgebruikers opgetree moet word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.