fbpx
Vryheidsfront Plus

Lesufi kan eerder polisie help bemagtig met vredesbeamptes se R50 miljoen

Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, kon eerder die R50 miljoen wat aan die opleiding van 6 000 vredesbeamptes bestee is, gebruik het om die polisie in die provinsie van noodsaaklike hulpbronne te voorsien.

Alhoewel die polisie se begroting van die nasionale regering kom, kon die Gautengse regering die R50 miljoen bykomend gebruik het om polisie te bemagtig om hul werk beter uit te voer.

Dit is algemeen bekend dat die polisie in Gauteng nie oor genoeg voertuie, wapens, ammunisie en selfs skryfbehoeftes beskik nie.

In sommige gevalle moet polisielede uit hul eie sak brandstof in voertuie gooi of van hul privaat voertuie gebruik om na misdaadtonele te gaan.

By sekere polisiekantore het polisielede nie eens die basiese skryfbehoeftes soos penne en papier nie.

In stede daarvan om 256 splinternuwe BMW-voertuie aan vredesbeamptes te gee wat ʼn skamele drie maande-opleiding agter die rug het, kon die voertuie eerder aan polisiekantore geskenk geword het waar daar ʼn dringende behoefte aan voertuie bestaan.

Lesufi het op ʼn vraag van die VF Plus in die Gautengse wetgewer te kenne gegee dat die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid die kostes van litigasie en skadevergoeding sal moet dra indien eise ingestel word teen vredesbeamptes wat onregmatig optree teenoor die publiek.

Dit is onbekend of die departement begroot het vir hierdie soort uitgawe.

Die VF Plus verwelkom enige poging om misdaad in Gauteng te bekamp, maar twyfel of Lesufi se vredesbeamptes oor die vermoë beskik om geharde misdadigers van die strate te haal.

Gauteng het ʼn sterk en kundige polisiemag nodig met genoeg hulpbronne om inwoners te beveilig.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.