fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwelkom bevindinge van ondersoek na Rand West-munisipaliteit en eis sterk optrede teen skuldiges

Die VF Plus eis die afdanking van die Rand West-plaaslike munisipaliteit (Randfontein, Westonaria) se munisipale bestuurder, Temba Goba, die burgemeester, Brenda Mahuma en die speaker van die raad, Violet Mzondeki, na die verdoemende bevindinge van senior adv. William Mokhare in sy ondersoek na beweerde wanbestuur en korrupsie in dié munisipaliteit.

Adv. Mokhare het die ondersoek gedoen in opdrag van die Gauteng-wetgewer.

Die VF Plus het voor die ondersoek talle skrywes gerig aan die Gautengse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), Lebogang Maile, om veral die munisipale bestuurder en burgemeester van Rand West te ondersoek vir vrugtelose en verkwistende uitgawes, wanbestuur, korrupsie en wangedrag.

Adv. Mokhare het onder meer die volgende bevindings gemaak rakende die munisipale bestuurder en die speaker van die Rand West-plaaslike munisipaliteit:

1. Die munisipale bestuurder het op bedrieglike wyse beweer dat die strafregtelike ondersoek deur die Valke teen hom op bewerings van korrupsie en wanbestuur van munisipale finansies teruggetrek is toe hy geweet het of redelikerwys moes weet dat dit vals is. Dit kom neer op growwe wangedrag.

2. Die munisipale bestuurder het die finansies van die munisipaliteit gedurende sy ampstermyn van Julie 2017 tot op hede met sowat R1,5 miljard wanbestuur deur die onreëlmatige aanstelling van diensverskaffers, die laat- of wanbetaling van diensverskaffers wat rente veroorsaak wat miljoene rande beloop, bedrieglike aanstellings en betaling van diensverskaffers.

Alhoewel die munisipale bestuurder nie die R1,5 miljard gesteel het nie, het hy sy pligte as rekenpligtige beampte versuim deur nie die toepaslike wetgewing oor finansiële bestuur tydens die hantering van die munisipaliteit se finansies na te kom nie.

3. Die munisipale bestuurder het die betaling van ‘n onwettige immigrant van Zimbabwe se salaris in September en Oktober 2020 onreëlmatig gemagtig terwyl hy geen dienste aan die munisipaliteit gelewer het nie weens sy aanhouding en deportasie deur die departement van binnelandse sake. Die munisipale bestuurder het dus growwe wangedrag gepleeg.

4. Die speaker van die raad, Violet Mzondeki, het onbehoorlik ingemeng en verhinder dat die munisipale komitee vir openbare rekeninge ‘n verslag aan die raad voorlê vir oorweging ondanks die dringende behoefte om ongemagtigde, onreëlmatige, vrugtelose en verkwistende uitgawes te behandel. Die speaker moet aanspreeklik gehou word volgens die gedragskode vir raadslede en die ondermyning van die raad se werk.

Die wanbestuur van munisipaliteite in Gauteng kan nie langer geduld word nie en daarom word kiesers aangemoedig om die ANC by die stembus te straf deur op te staan, saam te staan en ‘n sterk boodskap te stuur dat die ANC se vernietiging van munisipaliteite nie langer geduld sal word nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Armand Cloete

Premier moet ingryp by Matjhabeng-waterkrisis

Die VF Plus eis dat die Vrystaatse premier, Mxolisi Dukwana, moet ingryp by die voortslepende waterkrisis in die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia,

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.