fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwelkom aanbeveling van Tsakani Maluleke as nuwe OG

(Debat in parlement oor aanstelling van nuwe ouditeur-generaal)

Die VF Plus steun die aanbeveling van die betrokke parlementêre ad hoc-komitee oor die aanstelling van die huidige adjunk-ouditeur-generaal (OG), Tsakani Maluleke, as nuwe OG van Suid-Afrika.

Gegewe die vlakke van korrupsie, staatskaping en gebreke in plaaslike regerings-bestuursvlakke in Suid-Afrika, is die kantoor van die OG ‘n kritieke skans in die beskerming van Suid-Afrika se fiskus. As ‘n Hoofstuk 9-instelling speel die kantoor ook ‘n groot rol in die beskerming van demokrasie in die land.

Benewens die feit dat Maluleke die eerste vroulike OG sal wees, is sy volgens die VF Plus ook die mees geskikte kandidaat vir die pos. Die VF Plus was lid van die ad hoc-komitee wat onderhoude met kandidate gevoer het en die aanbeveling vir Maluleke se aanstelling gemaak het.

Maluleke het tydens haar dienstermyn van sewe jaar as adjunk-OG bewys dat sy oor die nodige vermoëns beskik om dié kantoor te lei, dat sy onafhanklik en in die beste belang van die oudit-professie en die kantoor van die OG optree.

In die lig van veranderinge aan die Openbare Ouditwet wat meer verantwoordelikhede en magte aan die OG gee, is dit belangrik vir die kantoor om hierdie magte aan te wend om seker te maak belastinggeld word op die beste wyse moontlik aangewend.

Die termyn van die huidige OG, Kimi Makwetu, verstryk einde November en die VF Plus wil hom ook loof vir die goeie werk wat hy gedoen het.

Navrae: 082 674 6670

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Armand Cloete

Premier moet ingryp by Matjhabeng-waterkrisis

Die VF Plus eis dat die Vrystaatse premier, Mxolisi Dukwana, moet ingryp by die voortslepende waterkrisis in die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia,

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.