Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus versoek optrede teen wyksraadslede van Ekurhuleni wat dienslewering in die wiele ry

Die VF Plus het die speaker van die Ekurhuleni-metroraad, Nthabiseng Tshivhenga, versoek om op te tree teen wyksraadslede en bestuurders van kliëntedienssentrums wat VF Plus-raadslede verhinder om inligtingsvergaderings oor diensleweringsprobleme by te woon.

Die versoek volg nadat ʼn VF Plus-raadslid verhinder is om sy verpligtinge teenoor kiesers en inwoners na te kom deur diensleweringsvergaderings by te woon.

Dié raadslid was in die verlede nog altyd welkom om die vergaderings by te woon.

Jean Kriek, VF Plus-raadslid vir die Kemptonpark-gebied, is Sondagmiddag deur die kliëntediensbestuurder, Dhladhla Mbatha, per Whatsapp ingelig dat hy nie vandag (Dinsdag) by die vergadering welkom is nie.

Die blyk dat DA-raadslede versoek het dat slegs wyksraadslede die inligtingsvergaderings mag bywoon en nie proporsionele raadslede nie.

Volgens die bestuurder moet Kriek, indien hy die vergadering wil bywoon, toestemming van die wyksraadslede verkry.

Hierdie besluit verhinder die VF Plus se raadslede om sy kiesers en inwoners oor onder meer water- en elektrisiteitsprobleme in te lig asook waar onderbrekings in die gebied beplan word.

Politieke partye wat hulle skuldig maak aan hierdie soort uitsluitende optrede ten koste van inwoners, moet besef dat alle raadslede dieselfde regte, pligte en verantwoordelikhede het.

Proporsionele raadslede beskik oor presies dieselfde regte as wyksraadslede. Hierdie boelie-taktiek is betreurenswaardig en kan nie geduld word nie.

Alle raadslede moet met die nodige inligting bemagtig word om hul gemeenskappe na die beste van hul vermoë te dien.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.