Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Misdaadstatistiek: Vrystaat het hoogste verkragtingsyfer in die land

Die hoë aantal verkragtingsgevalle in die Vrystaat die afgelope kwartaal dui op ernstige tekortkominge in die beskerming van vroue in dié provinsie.

Luidens die misdaadstatistiekverslag wat die minister van polisie, Senzo Mchunu, Maandag bekend gemaak het, het die Vrystaat die meeste voorvalle van verkragting in die land aangeteken met 24 uit elke 100 000 vroue wat slagoffers is van dié misdaad.

Seksuele aanranding het in dieselfde tydperk met 32,7% toegeneem.

Die feit dat dwelmverwante misdade in die Vrystaat met 16,2% gestyg het, wys ook dat die polisie tans die stryd teen dwelms verloor. ’n Verdere bron tot kommer is die aanmelding van rooftogte by die Parkweg-polisiekantoor waar ’n toename van 3,8% aangeteken is.

Die VF Plus is nie oortuig dat ’n afname van 9,4% in veediefstal in die provinsie ʼn ware prentjie skets van wat in landelike gebiede ervaar word nie.

Dit kan ook wees dat boere hul vertroue in die polisie verloor het en eenvoudig nie meer veediefstal aanmeld nie, aangesien ondersoeke dikwels nie tot vervolging lei nie.

Die VF Plus sal in die portefeuljekomitee vir gemeenskapsveiligheid daarop aandring dat die nasionale landelike beveiligingsstrategie in die Vrystaat in werking gestel en hersien word.

Hoewel daar ʼn verbetering in sommige van die misdaadgroepe in die Vrystaat is, moet die owerhede hulle nie blind staar teen koue data nie.

Daar moet gefokus word op ware veranderinge deur polisiebeamptes wat hul pligte met toewyding nakom, polisiekantore wat effektief funksioneer en voldoende hulpbronne, soos broodnodige voertuie, om misdaad beter te bekamp.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.