Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus versoek meer sigbare polisiëring op Gautengse paaie

Die VF Plus het ‘n skrywe gerig aan die Gautengse LUR vir gemeenskapsveiligheid, Faith Masibuko, waarin sy versoek word om meer sigbare polisiëring op Gautengse paaie.

Die toename in wetteloosheid onder motoriste moet dadelik aandag kry en dit kan net gedoen word wanneer die verkeerspolisie sigbaar is en paaie intensief patrolleer.

In die jongste ongeluk is twee mense dood en ses kinders ernstig beseer toe ‘n skoolbus Woensdagaand in Cosmo City in ‘n botsing met ‘n aankomende bakkie betrokke was. ‘n Onderwyser is ook beseer.

In nog ‘n ongeluk is ‘n groep van agt voetgangers Maandagoggend beseer toe ‘n sportmotor hulle in Garsfonteinweg, Pretoria getref het. Die bestuurder van die motor het glo beheer oor die motor verloor en die agt voetgangers getref.

Die VF Plus het die LUR gevra om toe te sien dat meer sigbare padoperasies uitgevoer word sodat motoriste wat ander se lewens in gevaar stel, vasgetrek kan word.

Spoedoortredings en alkoholmisbruik is twee van die grootste bydraende faktore tot padongelukke wat nie langer geduld kan word nie.

Die haglike toestand waarin die Gautengse padinfrastruktuur verkeer, dra by tot die groot hoeveelheid padongelukke. Benewens slaggate word stukkende verkeersligte en padtekens nie gou genoeg herstel nie.

Daar moet ook streng opgetree word teen motoriste wat verkeersreëls verontagsaam en nie by verkeersligte of stoptekens stilhou nie.

Die Gautengse verkeersowerheid het ‘n plig teenoor wetsgehoorsame burgers om alles moontlik te doen om hulle te beskerm.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.