fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus versoek kwartaallikse vorderingsverslag vir tydige indiening van Tshwane-jaarverslag

Die VF Plus in die Tshwane-metroraad het aanbeveel dat die metro se jaarverslag tesame met die vordering van die finansiële state kwartaalliks aan die finansiële komitee gerapporteer moet word.

Dié stap volg nadat die metro by die Nasionale Tesourie aansoek gedoen het om drie maande uitstel met die indiening van sy finansiële state. Die metro moet sy finansiële state voor einde November indien.

Alhoewel die versoek om uitstel nie ideaal is nie, sal dit die finansiële departement tyd gun om die finansiële state volledig te oorhandig aan die ouditeur-generaal (OG).

Verlede jaar het die eksterne ouditkomitee ernstige tekortkominge in die jaarverslag uitgewys, maar daar is besluit om tog voort te gaan met die indiening.

Dit het gelei tot ʼn geweldige negatiewe mening vanaf die OG.

Die VF Plus sal die vordering met die voorbereiding van die jaarlikse finansiële state fyn dophou om vroegtydig in te gryp indien daar aanduidings van probleme is.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.