fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus versoek Ekurhuleni-metroraad om mense wat onwettig vullis stort, te vervolg

Volgehoue druk deur VF Plus het die Ekurhuleni-metroraad gedwing om die Cason-gebied in Boksburg, wat in ‘n onwettige stortingsgebied deur inwoners omskep is, skoon te maak en die gras te sny.

Die VF Plus het die metroraad reeds verlede jaar gewaarsku dat indien die tendens voortduur, die party geen ander keuse sal hê nie as om ‘n strafregtelike klag in te dien teen die stadsbestuurder van die metroraad, Imogen Mashazi, vir die oortreding van Nasionale Omgewingsbestuurswet.

Die party het reeds in Junie verlede jaar die metroraad genader om die gebied skoon te maak, wat toe gedoen is.

Die metroraad het verlede Vrydag egter nagelaat om die swartsakke waarin vullis geplaas is, te verwyder en deur die loop van die naweek het mense weer begin om onwettig daar te stort.

Die party het die metroraad versoek om kennisgewings in die gebied te plaas wat onwettige vullisstorting verbied en om metrobeamptes te vra om mense te beboet wat hul skuldig hieraan maak.

Die VF Plus hou die Ekurhuleni-metroraad verantwoordelik omdat feitlik geen wetstoepassing toegepas word om onwettige vullisstorting stop te sit nie.

Navrae: 072 217 1951

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.