Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus versoek bewusmakingsveldtogte in Mpumalanga om wildstroping te bekamp

Ná volgehoue druk van die VF Plus in Mpumalanga het die LUR vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, me. Nompumelelo Hlope, toegestem om teenstropings-bewusmakingsveldtogte van stapel te stuur.

Dit sal plaasvind in die gemeenskappe rondom provinsiale wildreservate.

Die VF Plus verwelkom die inisiatief om ‘n nuwe wildheining in die Numbi-omgewing te laat oprig. Dié heining moet keer dat olifante wat uit die Nasionale Krugerwildtuin ontsnap, toegang tot die omliggende plaaslike gemeenskappe kry.

Die besluit oor die nuwe heining volg nadat ‘n deeglike assessering deur Sanparke en die Mpumalanga Toerisme- en Parkevereniging gedoen is. Bouwerk sal in April begin.

Daar was onlangs ʼn voorval waar ʼn plaaslike gemeenskap ʼn rondloperolifant, wat vanuit die wildtuin ontsnap het, gejaag het waarna die dier van kant gemaak is. Die karkas is daarna deur die gemeenskap met pangas opgekap vir vleis.

Die VF Plus het ook beeldmateriaal van verskeie voorvalle gesien waar lede van hierdie gemeenskappe onder andere luiperds en ook ʼn jagluiperd doodmaak en vir vleis opkap nadat die diere deur gate in die heining uit plaaslike reservate ontsnap het.

Die kommer bestaan dat die heinings opsetlik geknip of beskadig word om die wild te laat deurgaan om daarna gejag te word.

Dit is ook noodsaaklik dat die omliggende gemeenskappe ‘n soort opleiding in bewusmakingsveldtogte ontvang oor hoe toerisme hulle sal bevoordeel, en hoe die sny van heinings en stropery in hierdie reservate nadelig is vir enige toekomstige werkskepping.

Hierdie veldtogte moet daarop fokus om aan te dui hoe toerisme bygedra het tot die sosiale, kulturele, politieke en ekonomiese waarde van Mpumalanga deur te wys wat die sektor vanuit die landelike ontwikkelingsperspektief te bied het.

Deur volhoubare praktyke te implementeer en plaaslike gemeenskappe te betrek, kan ‘n model geskep word wat ekonomiese groei bevorder, biodiversiteit beskerm en die welstand van die landelike bevolking verbeter.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.