Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus verower DA-wyk – bewys volgehoue groei in steun

Die uitslag van die tussenverkiesing in Wyk 30 van die Matlosana-plaaslike munisipaliteit (Stilfontein), dien as bewys dat die VF Plus volgehoue groei in steun geniet. Die VF Plus het hierdie wyk van die DA gewen.

Die party het 56% van die stemme op hom verenig en het meer stemme gekry as al vier die ander partye wat deelgeneem het saam. Dit bevestig die tendens van die afgelope nasionale verkiesing waar kiesers die VF Plus as alternatief tot die DA kies.

Die inwoners van wyk 30 het ten gunste van beter dienslewering en die VF Plus se belofte van hoop en daadwerklike opposisie teen die ANC gestem.

Hierdie uitslag toon dat die VF Plus die groeiende alternatief is en bewys die toename in vertroue van kiesers. Die VF Plus luister na sy kiesers en tree daadwerklik in hul belang op.

Mnr. Fanie Kloppers is as die wyksraadslid verkies. Hy is passievol oor die gemeenskap en sal die belange van inwoners eerste stel.

Die party se steun het tydens die pas afgelope nasionale verkiesing meer as verdubbel en hierdie tussenverkiesingsuitslag wys dat die party volgehou groei en 'n beduidende rolspeler in die 2021-munisipale verkiesing sal wees.

Die VF Plus se steun het met 34 persentasiepunte tydens dié tussenverkiesing gegroei, terwyl die DA se steun met 35% gedaal het. Die VF Plus se aantal stemme het met 43% gegroei. Die DA het 72% van sy stemme sedert die 2016-munisipale verkiesing verloor.

Die oorwinning van hierdie wyk stel die VF Plus in staat om sterker opposisie teen die wanbestuur van die ANC in Matlosana te bied.

Die VF Plus bedank elke kieser wat sy vertroue in die party gestel het en gister vir die groeiende alternatief wat ware verandering bring, gestem het. Die toename in steun versterk die party se mandaat om sy beleid te bevorder en werklike verandering teweeg te bring.

 

Kontaknommers: 083 627 4397 / 082 674 6670 / 065 801 7216

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Ben van der Berg

Welverdiend steeds sonder krag

Die Merafong-plaaslike munisipaliteit (Carletonville, Fochville, Wedela) sleep steeds voete met die vervanging van ʼn transformator by die Frikkie-substasie in Welverdiend. Dié substasie, wat krag aan

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.