fbpx
Vryheidsfront Plus

Parlementêre begrotingsdebat: Internasionale verhoudinge en samewerking – Skade aan Suid-Afrika se buitelandse beeld moet herstel word

Suid-Afrika se beeld is erg geknou in die nege jaar met pres. Jacob Zuma aan bewind. Die regering kan nou kies om voort te gaan op dié weg van skande, of om ‘n nuwe koers in te slaan om die land se beeld en aantreklikheid in die buiteland te herstel.

Suid-Afrika het by die Afrika-Unie gesê hy sal voortgaan om op te staan vir ‘n regverdige en vreedsame orde in die wêreld.

Wat die kwessie van Israel en Palestina aanbetref, het die minister, Naledi Pandor, nagelaat om te sê of die Suid-Afrikaanse regering steeds verbind is tot ‘n tweestaat-oplossing vir dié streek, of dat Israel die reg het om sy soewereiniteit en sy inwoners te beskerm. Dit is belangrik en die VF Plus sou dit wou hoor.

Die minister het onlangs aan haar personeel gesê waardes en integriteit is vir haar belangrik en dat sy korrupsie verafsku. Suid-Afrika het egter ‘n land sonder gevolge geraak.

Zinzi Mandela-Hlongwane, Suid-Afrika se ambassadeur in Denemarke en Bruce Koloane, die ambassadeur in Nederland, is voorbeelde hiervan.

Mandela-Hlongwane het onlangs op sosiale media gesê wit Suid-Afrikaners is “gronddiewe wat soos ongenooide gaste weier om te loop”. Sy het wit Suid-Afrikaners ook uitgekryt as verkragters en afstammelinge van Van Riebeeck. Sy is oor die vingers geraps, maar dit was al.

Sy het daarna voortgegaan met haar kwetsende uitlatings op twitter. Tog is haar aanstelling verleng tot aan die einde van die jaar. Dis nie aanvaarbaar nie.

Wat Koloane aanbetref, wys alle vingers na hom oor sy betrokkenheid by die landing van die Guptas op die lugmagbasis Waterkloof, maar ook hier was haas geen gevolge nie. Hy is vir twee maande geskors waarna hy bevorder is tot ambassadeur in Nederland.

Dié stand van sake kan nie geduld word nie. Die VF Plus doen ‘n beroep op die minister om te doen wat sy sê en om streng op te tree in sulke gevalle.

Suid-Afrika sal voortaan ook moet ag slaan op sy ellendige ekonomiese toestand met die aanstelling van verteenwoordigers in die buiteland. Dit is belangrik, maar selfs meer belangrik is of die land dit kan bekostig of nie.

 

Kontaknommers: 083 626 1497 / 065 801 7216

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.