Die VF Plus veroordeel die skietvoorval wat Maandagoggend by die Mogalakwena-plaaslike munisipaliteit (Potgietersrus) plaasgevind het.
Dit volg nadat daar vandeesweek ’n kennisgewing uitgereik is rondom ’n beweerde wettige betoging wat sou plaasvind op 11 November.
Luidens berigte het van die munisipaliteit se sekuriteit skote afgevuur op van die toggangers ná hulle munisipale amptenare wou verhinder om hul werk te verrig.
Hulle eis glo onder meer die afdanking van die burgemeester, Ngoako Taueatsoala, weens diensleweringskwessies.
Hierdie optrede en geweld is onaanvaarbaar en die munisipaliteit sal sy veiligheidsplan moet opknap om soortgelyke voorvalle te voorkom.
Die VF Plus verstaan die gemeenskap se ongelukkigheid met die munisipaliteit se swak dienslewering, maar dit is nie die manier op die probleem op te los nie.


