fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus veroordeel plaasmoord in Limpopo

Die jongste plaasaanval en -moord naby Mookgopong (Naboomspruit), Limpopo is ‘n duidelike bewys dat dié tipe misdaad tot ‘n prioriteitsmisdaad verklaar en as sulks hanteer moet word.

Mnr. Alwyn van Zyl (79) en sy vrou René, is in die vroeë oggendure deur ses aanvallers in hul huis oorval. Mnr. Van Zyl is vasgebind en verwurg. Mev. Van Zyl het ligte beserings opgedoen en is uiters getraumatiseerd.

Drie van die aanvallers is vasgetrek terwyl drie nog op vrye voete is.

Die VF Plus bedank die misdaadbekampingsorganisasie, Heritage Protection Group (HPG) en die polisie vir hul vinnige optrede en spreek die hoop uit dat die ander drie voortvlugtendes binnekort vasgetrek word.

Die VF Plus sal aanhou veg vir ‘n noodsaaklike spesiale landelike-beveiligingseenheid wat hom toespits op die voorkoming van plaasaanvalle en in samewerking met boere en ander veiligheidsforums werk om hierdie soort misdaad te bekamp.

Die VF Plus spreek sy meegevoel uit met mnr. Van Zyl se vrou, sy familie en naasbestaandes en wens mev. Van Zyl ‘n spoedige herstel toe.

Kontaknommer: 066 024 4623

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.