fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus versoek Rand West-munisipaliteit om begraafplase te onderhou

Die VF Plus het die Rand West-plaaslike munisipaliteit (Randfontein, Westonaria) versoek om dringend aandag te skenk aan die onderhoud van die Westonaria- en Greenhills-begraafplase ná die party oorval is met klagtes van bekommerde inwoners wat weens die terrein se toestand feitlik nie die grafte van hul geliefdes kan besoek nie.

Die Greenhills-begraafplaas in Randfontein is toegegroei onder lang gras, grafte is beskadig en riool vloei daardeur.

In die Westonaria-begraafplaas groei bome uit grafte, sommige grafte het ingesak en die gras staan kniehoogte.

Die munisipaliteit het aangedui dat daar ‘n kontrakteur aangestel is wat eersdaags sal begin met die onderhoud van die terrein van die Greenhills-begraafplaas. Daar is nog geen kontrakteurskontrak goedgekeur vir die Westonaria-begraafplaas nie.

Verskeie mense betaal self private ondernemings om die gras rondom grafte te sny. Dit is egter die munisipaliteit se plig om munisipale regulasies na te kom en begraafplase te onderhou, veiligheidsmaatreëls in plek te stel en vandalisering te verhinder.

Die VF Plus het die munisipaliteit ook versoek om dadelik te sorg dat skoon water beskikbaar is, toiletgeriewe bruikbaar is en asblikke verskaf word.

Inwoners het die reg om sonder vrees begraafplase en openbare parke te besoek.

 

Kontaknommer: 082 565 2336

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.