Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus dien klagte in by MRK en Groen Skerpioene oor rioolbesoedeling in Ellisras

Die VF Plus het ‘n klag by die Menseregtekommissie (MRK) en Groen Skerpioene ingedien teen die Lephalale-plaaslike munisipaliteit (Ellisras) vir die storting van riool en besoedeling van die Mogol-rivier. Hierdie klag sal gevoeg word by die lys van klagte wat die VF Plus teen ander munisipaliteite in Limpopo ingedien het.

Die party het ook ‘n skrywe aan die munisipale bestuurder gerig en gevra vir dringende ingryping om verdere besoedeling te voorkom.

Die munisipaliteit moet streng optree teen onbevoegde amptenare wat inwoners se regte skend en die natuur deur besoedeling bedreig.

Die VF Plus sal die sterkste moontlike stappe oorweeg teen munisipaliteite wat nie hul verpligtinge teenoor inwoners nakom nie. Daar is genoeg gepraat en optrede is nou nodig.

Kontaknommer: 066 024 4623

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.