Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Moord op egpaar in Bethal, Mpumalanga skok

Die VF Plus spreek sy innige meegevoel uit met die naasbestaandes van dr. Hannes en mev. Ibel Beukes wat Woensdag 18 Maart 2020 vermoor gevind is in Bethal, Mpumalanga.

Dr. Beukes, ‘n afgetrede predikant en sy vrou, Ibel, is in die kattebak van hul motor naby Bethaldam gevind toe ‘n motorfietsryer die egpaar se kar in die digte bos raakgesien het.

Die VF Plus wil graag die naasbestaandes van die egpaar verseker dat die party alles moontlik sal doen om die polisie te ondersteun in die soektog na die aanvallers.

 

Kontaknommer: 084 652 9164

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.