Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus veroordeel jongste plaasaanval op Dwaalboom buite Thabazimbi

Die VF Plus veroordeel die jongste plaasaanval en -moord op Dwaalboom buite Thabazimbi op die egpaar Marthinus en Elsie Richter waarin mnr. Richter oorlede is.

Die party is erg geskok oor die brutaliteit van die aanval.

Mnr. Richter het beswyk aan die wonde wat hy tydens die aanval opgedoen het en sy vrou is ernstig beseer toe sy met ’n warm voorwerp gebrand is. Sy sterk tans aan in die Medi-Clinic op Thabazimbi.

Die VF Plus het reeds vroeg vanoggend met ’n lid van die Matlabas-plaaswag wat op die toneel was, in gesprek getree oor die voorval.

Daar is later bevestig dat die polisie op Bela-Bela (Warmbad) die verdagtes, wat in die egpaar se voertuig gevlug het, vasgetrek het. Een verdagte is doodgeskiet en die ander een is gewond en in hegtenis geneem.

Dit blyk dat die verdagtes werknemers op die plaas was.

Dit is duidelik dat die huidige strafregstelsel nie as ‘n voldoende afskrikmiddel vir hierdie misdadigers dien nie.

Die VF Plus eis al lankal dat plaasaanvalle tot ‘n prioriteitsmisdaad verklaar word.

Die VF Plus spreek sy medelye uit met mnr. Richter se naasbestaandes en wens mev. Richter ‘n spoedige herstel toe.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.