fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus teleurgesteld dat ANC-binnegevegte moontlik ook nuwe Phokwane-raad gaan verlam

Die Phokwane-munisipale raad, waarin die VF Plus met die onlangse herverkiesing 'n setel verower het, kon vandag nie daarin slaag om raadslede in te huldig en ampsdraers te verkies nie. Mnr. Ndwandwe, die administrateur, het aangedui dat hy in kontak met iemand met Covid-19 was en dus nie die vergadering kon waarneem nie.

Senior munisipale amptenare het volgehou dat hy hierdie bevoegdheid nie kan delegeer nie, aangesien slegs die provinsie se uitvoerende raadslid (mnr. Bentley Vass) 'n plaasvervanger kan aanwys. Daar was egter geen verduideliking vir sy versuim om dit te doen nie.

Tans lyk dit of 'n opvolgvergadering Vrydag 27 November gehou gaan word. Opposisiepartye beraam reeds planne om te verseker dat die taktiek van sabotasie nie voortgesit kan word nie.

Die herverkiesing het reeds plaasgevind omdat vorige munisipale rade nie daarin kon slaag om skoon en doeltreffende administrasie in stand te hou nie. Ineenstorting van munisipale dienste is die gevolg.

Nou lyk dit of faksiegevegte, of bloot individue se botsende ambisies, staan tussen die gemeenskappe van Hartswater, Jan Kempdorp, Pampierstad en die res van die Vaalhartsvallei, en pogings om die munisipaliteit weer op dreef te kry.

Dit is duidelik dat die ANC nie net die land op nasionale vlak in die steek laat nie, maar ook op die plaaslike vlak. Die party behoort volgende jaar met die algemene munisipale verkiesing deur kiesers daarvoor gestraf word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.