fbpx
Vryheidsfront Plus

Nog ‘n uitgelekte vraestel: Dringende stappe nodig om integriteit van die Nasionale Seniorsertifikaat te beskerm

Die VF Plus het met ontsteltenis van die tweede uitgelekte matriekvraestel kennis geneem. Die feit dat hierdie vraestel in agt van die nege provinsies uitgelek het, dui op die wye verspreiding van die probleem. Dit gooi ook 'n lang skadu oor die integriteit van die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS). 

Persepsies rakende die NSS gaan reeds die afgelope jare agteruit, hoofsaaklik weens lae slaagvereistes. Dit is egter teengewerk wanneer werkgewers en burgers oor die algemeen besef het dat die verskillende graderings van die sertifikaat, presies aandui op watter vlak die kwalifikasie voltooi is.

Aangesien dit 'n eksterne eksamen is wat betroubaar deur die departement van basiese onderwys bestuur is, is algemene vertroue in die NSS tot dusver ondersteun.

Gevalle van lekkasies van vraestelle ondermyn die gevestigde vertroue. Die twee onafhanklike eksamen-owerhede, die IEB en SACAI, sal waarskynlik 'n toename in belangstelling in hul dienste verwag.

Die VF Plus se onderwysbeleid is dat skole self die reg moet hê om te kies watter eksamen-owerheid hulle wil gebruik. Indien dit nie departement van basiese onderwys is nie, behoort fondse wat op elke kandidaat bestee sou word, aan die eksamen-owerheid van keuse oorbetaal te word. Ouers en/of skole behoort slegs vir die verskil verantwoordelik te wees.

Hierdie beleid van die VF Plus kan die oplossing wees vir skole wat die integriteit van die Nasionale Senior Sertifikaat, waarvoor hulle skoliere voorberei, wil beskerm.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.