Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus steun alternatiewe wetsontwerp van Solidariteit oor gesondheidsorg-befondsing ten volle

Die VF Plus steun die petisie en wetsontwerp van Solidariteit wat vandag by die parlement ingedien is om ‘n beter en werkbare alternatief te stel vir die onbekostigbare Wet op Nasionale Gesondheidsversekering (NGV).

Die konsepwetgewing is opgestel deur die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) en is vandag aan sekere partye verbonde aan die regering van nasionale eenheid (RNE) oorhandig.

Die wetsontwerp is daarop gemik om mediese fondse te bemagtig om mediese sorg van ‘n hoë gehalte vir alle werkende Suid-Afrikaners moontlik te maak.

Die VF Plus se standpunt was deurentyd dat die NGV in sy huidige vorm ondeurdag en onbekostigbaar is en dat dit openbare gesondheidsorg in Suid-Afrika eerder verder sal verlam as om uitkoms te bied.

Die wetsontwerp kom wesenlik daarop neer dat alle werkende persone deel móét word van ‘n mediese skema sodat die risiko en las deur veel meer lede gedra kan word.

Die VF Plus besef dat openbare mediese sorg ontoereikend is en dat private sorg vir miljoene onbekostigbaar is. Hierdie is ‘n werkbare alternatief vir die onuitvoerbare NGV en die VF Plus sal dit deurgaans steun.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.