Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus help om Sedibeng-burgemeester uit kussings te lig

Die ANC-burgemeester van die Sedibeng-distriksmunisipaliteit, Lerato Maloka, is gister met die hulp van die VF Plus uit die kussings gelig.

Al die opposisiepartye in die raad het die mosie gesteun.

Die plaaslike munisipaliteite Emfuleni, Midvaal en Lesedi val onder die Sedibeng-distriksmunisipaliteit.

Verskeie klagtes word teen Maloka ondersoek.

Die VF Plus het einde verlede jaar ʼn verslag aangevra ná Maloka en van haar kantoorpersoneellede se besoek aan Duitsland.

Die party het aangevoer dat sy nie toestemming van die raad gehad het om die reis te onderneem nie. Dit het belastingbetalers R500 000 uit die sak gejaag.

Maloka was ook nie meer tevrede met haar Duitse ampsmotor nie en het aangedring op ʼn nuwe voertuig.

ʼn Ondersoek is gelas nadat bevind is dat suiker in dié voertuig se brandstoftenk gegooi is.

Die distriksmunisipaliteit is verder in ʼn finansiële verknorsing en sukkel om onder meer brandweer- en ambulansdienste aan die munisipaliteite te lewer.

Die VF Plus spreek sy hoop uit dat ʼn nuwe burgemeester verkies sal word wat die nodige finansiële stabiliteit teweeg kan bring om die nodige dienste aan munisipaliteite te lewer.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.