fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus steun aansuiweringsbegroting van koalisie in Tshwane-metro

Die VF Plus steun die 2023/24-aansuiweringsbegroting van die koalisieregering in die Tshwane-metroraad. Met dié begroting word daar verseker dat addisionele fondse vir basiese dienslewering beskikbaar is.

Die aansuiweringsbegroting bied die geleentheid om fondse tussen departemente rond te skuif op grond van die nuutste inligting en behoeftes.

Nuwe begrotingsitems en -versoeke kan egter nie oorweeg word nie.

Die goedkeuring van die aansuiweringsbegroting is van strategiese belang aangesien dit aan die koalisieregering die geleentheid bied om fondse te prioritiseer na waar dit die nodigste is.

Addisionele fondse is beskikbaar gemaak vir kredietbeheer ten einde die metro in staat te stel om geld in te vorder van sy debiteureboek wat meer as R23 miljard beloop.

ʼn Bedrag van R50 miljoen is beskikbaar gestel vir kredietbeheer by die kragafdeling en R22 miljoen vir die oudit en kredietbeheer van watermeters.

Verskeie items se begrotings is ook aangepas om dienslewering te verbeter.

Vullisverwydering se begroting is met R75 miljoen verhoog, die bekamping van onwettige rommelstrooiing met R20 miljoen en R10 miljoen sal aangewend word vir addisionele toerusting vir basiese dienslewering.

Die VF Plus doen ʼn beroep op die oorsigkomitees van die metro sowel as die burgemeesterskomitee om die senior bestuur behoorlik te monitor om te verseker dat die fondse verantwoordelik bestee word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.