fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus steun aanstel van parlementêre komitee oor Phala Phala

Die VF Plus steun die voorstel om ‘n parlementêre komitee aan te stel om die volle aangeleentheid rondom die Phala Phala-voorval en pres. Cyril Ramaphosa se rol daarin te ondersoek.

Pres. Ramaphosa het reeds gesê hy is bereid om voor die ANC se integriteitskomitee te verskyn om antwoorde te verskaf oor wat rondom die diefstal van geld op sy plaas gebeur het.

Om hierdie rede is daar ‘n groter verpligting op hom om ook voor ‘n parlementêre komitee te verskyn om antwoorde oor die aangeleentheid te verskaf.

Indien hy dit nie wil doen nie en daar nie so ‘n parlementêre komitee aangestel word nie, beteken dit eenvoudig dat die president die belange van die ANC hoër ag as die belange van Suid-Afrika.

Daar moet onthou word dat pres. Ramaphosa as president van die land verantwoordbaar is teenoor die parlement aangesien hy ‘n begroting kry van belastingbetalers se geld.

Die parlement het ook die vermoë om ‘n mosie van wantroue in die president te stel en daarom is dit belangrik dat so ‘n komitee aangestel word om sy eie ondersoek te doen.

Die aanbeveling van die Zondo-kommissie na staatskaping dat ‘n parlementêre portefeuljekomitee vir die presidensie aangestel word, sluit hierby aan.

Die VF Plus steun ook hierdie voorstel om ‘n groter oorsigrol aan die parlement te verskaf.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.