fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus stem teen EFF-mosie in Gauteng-wetgewer om gekontrakteerde skoonmakers en sekuriteitspersoneel in Gauteng-regering permanent aan te stel

(Debat in Gauteng-wetgewer)

Die VF Plus kan nie ‘n mosie van die EFF steun om gekontrakteerde skoonmakers en sekuriteitspersoneel werksaam in die Gautengse provinsiale wetgewer en departemente permanent aan te stel nie.

Die Gauteng-regering se salarisuitgawes is reeds onder druk en in die huidige ekonomiese omstandighede is dit nie haalbaar om skoonmakers en sekuriteitspersoneel permanent aan te stel nie.

Die party is van mening dat om mense permanent aan stel om sodoende diensverskaffers en personeelagentskappe uit te skakel, nie korrupsie en tenderbedrog gaan uitroei nie. Bestaande wetgewing oor korrupsie moet eerder strenger toegepas word en kontrakte moet bepalings bevat wat die werknemers van die kontrakteur beskerm.

Die provinsiale wetgewer van Gauteng se primêre doel is om die gemeenskap van die provinsie te dien en nie om as ‘n werkverskaffingsdiens op te tree nie.

Navrae: 071 640 7283

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.