Die minister van basiese onderwys, mev. Angie Motshekga, het in 'n mondelinge vraag van die VF Plus in die parlement opgemerk dat gesinne in tuisskole kan saamwerk.
Die vraag is gevra omdat tuisskole tans beskou word as kinders uit slegs een kerngesin wat deur hul eie ouers van onderwys voorsien word. Sodra meer as een gesin betrokke is, word dit as 'n onafhanklike skool beskou en moet as sodanig registreer.
Die vraag was of die departement voortaan meer buigsaam sal wees om gesinne toe te laat om in tuisskoolverband saam te werk.
Minister Motshekga se antwoord was dat dit na haar mening wel toelaatbaar is. Haar departement werk goed met tuisskoolverenigings saam en sy sal die onderwerp graag met hulle bespreek.
Volgens die VF Plus is hierdie uitspraak 'n belangrike stap om ouers en gemeenskappe aan die stuur van hul kinders se onderwys te plaas.
Navrae: 074 166 5540