Die ontbinding van die Renosterberg-munisipaliteit (Vanderkloof, Petrusville en Philipstown in die Noord-Kaap) is 'n stap in die regte rigting.
Terwyl die munisipaliteit aan 'n lang lys van versuim en regstegniese oortredings skuldig is, is chroniese, langdurige kragonderbrekings, sowel as swak dienslewering, die hoofredes.
Renosterberg het 'n skuldlas van meer as R88 miljoen teenoor Eskom opgebou, terwyl Eskom nie betaal is vir die verhoogde kapasiteit van die groeiende dorp Vanderkloof nie. Daarom is 'n plaaslike beurtkragskedule op dié dorp toegepas, met onderbrekings van agt ure op 'n slag.
Philipstown ly weer onder die swak bestuur, weens onderbrekings in watervoorsiening wat soms weke duur. Hier is dit nie die gevolg van droogte, soos elders in die provinsie nie, maar van swak vakmanskap en afwesige onderhoud.
In Petrusville, setel van die munisipale hoofkantoor, kan inwoners dikwels geen reaksie van amptenare kry wanneer diensleweringprobleme aangemeld word nie.
Die hele gemeenskap van Renosterberg kan baat by die VF Plus se unieke kennis, wanneer die nuwe raad eersdaags verkies word na ‘n periode van administrasie.
Indien 'n bekwame administrateur aangestel en 'n toegewyde raad verkies word, kan die moeisame pad na herstel betree word.
Navrae: 074 166 5540