Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus stel Wesley Jacobs bekend as kandidaat vir Wyk 57-tussenverkiesing in Tshwane

Die VF Plus het Wesley Jacobs Maandagoggend as sy amptelike kandidaat vir die komende tussenverkiesing in Wyk 57 in die Tshwane-metro bekendgestel.

Die verkiesing vind op 21 Januarie 2026 plaas.

Die nasionale leier van die VF Plus, dr. Corné Mulder, en die Gautengse leier, mnr. Jaco Mulder, het ook die bekendstelling by die Centurion Lake Hotel bygewoon.

Grandi Theunissen, VF Plus-raadslid en koukusleier in die Tshwane-metro, het by die geleentheid die party se toewyding tot die herstel van stabiliteit, die heropbou van gemeenskapstrukture en die herlewing van Wyk 57 beklemtoon.

Dr. Corné Mulder het Jacobs beskryf as ’n leier wat nie by beloftes stilstaan nie, maar daadwerklik optree. Sy karakter en benadering is volledig in lyn met die kernwaardes van die VF Plus.

Jacobs het tydens die bekendstelling onderneem om onverpoos die inwoners van Wyk 57 te dien en die wyk op te bou. Hy het beklemtoon dat sy doelwit is om tasbare, meetbare verbeterings in mense se lewens te bring.

Jacobs het gesê dat hy onbeskaamd gelowig is en dat sy waardes in dié verband sy leierskap rig.

Hy het verder onderstreep dat die VF Plus ook onbeskaamd konserwatief is en vasstaan op beginsels wat sterk gemeenskappe bou en hierdie beginsels eerbiedig en beskerm.

Die VF Plus het die geleentheid afgesluit met die herinnering dat doeltreffende plaaslike regering begin by toegewyde raadslede wat hul gemeenskappe eerste stel.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.