Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus sit bal aan die rol om staatsdiens se pensioenfondse te beskerm

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa het onderneem om oorweging te skenk aan ‘n voorstel van die VF Plus om deur wetgewing meganismes in plek te stel om die staatsdiens se pensioenfondse teen stroping te beskerm, sê adv. Anton Alberts, voorsitter van die VF Plus.

Adv. Alberts het gister in die parlement aan die adjunkpresident die probleme rondom openbare pensioenfondse geskets wat dit duidelik maak dat pensioenarisse rede het om te vrees dat hul fondse gestroop kan word soos wat met Transnet se fondse gebeur het.

Volgens adv. Alberts is die staat se pensioenfonds nie onderhewig aan die Pensioenfondswet nie en word dit ook nie beskerm deur ‘n pensioenfondsberegtiger (ombudsman) soos in die geval van private fondse nie.

Hy het aan adjunkpresident Ramaphosa gesê dit beteken dat die staat se pensioenarisse hulle tot regsaksies moet wend indien daar probleme ontstaan met hul fondse. Dit is ‘n duur en tydsame proses vir mense wat reeds geldelik swaar kry.

Adv. Alberts het na die situasie by Transnet in besonder verwys waar die fondse só gestroop is dat pensioenarisse moet oorleef op ‘n gemiddelde pensioen van R2 500 per maand wat minder is as die basiese minimum loon.

Adjunkpresident Ramaphosa het geantwoord dat dit ‘n goeie en positiewe voorstel is en het gevra dat adv. Alberts ‘n skriftelike voorlegging oor die aangeleentheid doen sodat dit behoorlik geëvalueer kan word.

Hy het gesê dit is belangrik dat pensioenarisse die gerustheid moet hê om te weet dat hul fonds goed geadministreer en beskerm word. Hy het ook gesê ondersoek moet gedoen word na die bedrag van R2 500 wat Transnet se pensioenarisse ontvang in terme van die fondse se eie bepalings.

“Die VF Plus is opgewonde oor die reaksie van die adjunkpresident. Ons is daarvan oortuig dat hy die erns van die saak insien en dat hy die VF Plus se skriftelike voorlegging gunstig sal oorweeg tot voordeel van elke persoon wat tans of in die toekoms afhanklik sal wees van ‘n staatspensioen.

“Indien die voorstelle tog nie aanvaar word nie, sal die VF Plus deur middel van ‘n privaatlid-wetsontwerp poog om die wet te verander,” sê adv. Alberts.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

 

 

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.