Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus sal versoek dat Motsoeneng persoonlik verantwoordelik gehou word vir verliese wat SAUK weens sy besluite gely het

Verliese wat die SAUK gely het weens wanbestuur en verkeerde besluite van sy gewese bestuurshoof Hlaudi Motsoeneng, moet van Motsoeneng persoonlik verhaal word, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor kommunikasie.

Adv. Alberts, wat gepraat het in die parlementêre debat oor die oorweging van die finale verslag van die parlementêre ad hoc-komitee oor die bevoegdheid van die SAUK-raad, het die komitee geprys en gesê die ondersoek is deeglik gedoen en het die uitsaaier se probleme deeglik blootgelê.

Hy sê die wanbestuuur en magsmisbruik van senior SAUK-bestuurslede het duidelik na vore gekom, asook die gebrekkige oorsigrol van baie van die korporasie se raadslede.

“Die VF Plus wil in besonder die optrede van Motsoeneng en sy bondgenoot, Faith Muthambi vir kritiek uitsonder. Hulle het die wet op elke moontlike manier omseil en geplooi om beheer oor die SAUK vir eiebelang te verkry.

“Daar is sekere aspekte van die komiteeverslag wat spesiale vermelding verdien:

“Gegewe die gemors by die SABC kan mens jou net indink hoe dit by ander openbare ondernemings gaan. Die gelekte Dentons-verslag dui daarop dat dit nog slegter gaan by Eskom. Wat weereens bevestig word deur hierdie gebeure, is dat die regering nie in staat is om enige ekonomie sentraal te bestuur nie en dat hy sy hande moet afhou van die privaatsektor,” sê adv. Alberts.

Hy sê die VF Plus beveel die volgende stappe aan:

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.