Terwyl daar enorme surplusse in Transnet se pensioenfondse beskikbaar is, word die klasaksie-hofsaak wat deur die pensioenarisse begin is, na jare steeds uitgerek en staan Transnet totaal ongevoelig teenoor duisende bejaardes wat in die grootste armoede deur hul laaste lewensjare worstel, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor openbare ondernemings.
In antwoord op ‘n parlementêre vraag van adv. Alberts aan die minister van openbare ondernemings, het die ontstellende inligting aan die lig gekom dat 13 088 van die bejaarde pensioenarisse die afgelope drie jaar dood is, en daar nou minder as 60 000 begunstigdes oor is.
(Sien volledige vrae en antwoorde onder).
Hiervan leef nog net 20 794 van die oorspronklike werknemers wat tot die fondse bygedra het. Die res is hoofsaaklik hul oorlewende gades.
In teenstelling hiermee is Transnet se markwaarde tans R15,630 miljard en het die onderneming se twee fondse in die vorige boekjaar (2015/16) ‘n surplus van R8,132 miljard gehad.
Adv. Alberts sê die onreg wat aan die pensioenarisse van alle kleure aangedoen word, is tragies, en ‘skreeu ten hemele’.
“Meer as 4 000 pensioenarisse het elke jaar oor die laaste drie jaar gesterf, en Transnet staan koud teenoor hierdie slagting van ou mense omdat hulle weier om die hofsaak te skik.
“Hierdie aantal sterftes sal in die volgende paar jaar hand oor hand toeneem soos die pensioenarisse ouer word en hul moeilike omstandighede sy tol begin eis. Transnet weet dit al te goed.
“Die meeste van die pensioenarisse sterf in die grootste armoede wat nie sou gebeur het indien Transnet die 2%-beperking op jaarlikse verhogings sou lig en die fondse aanvul soos hy verplig is om te doen nie.
“Wat dit erger maak, is dat die meeste pensioenarisse tans weduwees is waarvan die hooflid alreeds afgesterf het. Gades wat nie die hooflid was nie, kry boonop net 70% van die hooflid se pensioen en dus spaar die fondse nog meer geld as die hooflid sterf.
“Daar is enorme surplusse van miljarde rande in albei fondse wat die trustees in staat stel om meer as twee bonusse per jaar te betaal.
“Die VF Plus eis dat daar ten minste vier bonusse per jaar betaal word en dat die hofsaak nou geskik word omdat Transnet geen verweer op die meriete het nie, maar bloot die saak op tegniese punte uitrek terwyl die pensioenarisse in groot getalle afsterf. Dit is ‘n skreiende skande,” sê adv. Alberts
Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403
Adv. AD Alberts to ask to ask the minister of Public Enterprises
(1) How many members does the (a) Transport Pension fund and (b) Transnet Second Defined Benefit Fund have currently;
(2) How many members of the specified pension funds died in (a) 2014, (b) 2015 and (c) 2016;
(3) What were the reported causes of death of each member of the pension funds in each specified year;
(4) (a) How many members of each fund are currently (i) the main member andor (ii) a dependent and (b) how many of the dependents are (i) spouses and (ii) children;
(5) what was the growth (a) in the value and (b) in the surplus of each fund in the financial years (i) 2013-14, (ii) 2014-15 and (iii) 2015-16 NW2972E
REPLY:
(2) The number of members of the specified pension funds who died are recorded below:
(3) The causes of death of each member are unknown.
(4) As at 31 October 2016, for the Transport Pension Fund, 3 113 pension members are main members, with 2 290 spouses and 221 children. For the Transnet Second Defined Benefit Fund 17 681 pension members are main members, with 36 180 spouses and 165 children.
(5) The growth of the specified pension funds is detailed below: