Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus sal nie toelaat dat raadslede verhinder word om inligting te bekom

Daar moet daadwerklik opgetree word teen amptenare en raadslede van politieke party wat hulself skuldig maak aan die opsetlike weerhouding van inligting.

Dit mag nie toegelaat word nie en die VF Plus het ʼn dringende skrywe aan die speaker van die Ekurhuleni-metroraad, Nthabiseng Tshivhenga, gerig met die versoek om op te tree hieroor.

Verskeie amptenare van die metro se departement van energie en selfs wyksraadslede poog tans om raadslede van die VF Plus te verhinder om inligting wat van openbare belang is, met sy kiesers te deel.

Tydens ʼn onlangse vergadering van dié departement is daar teen proporsionele raadslede van die VF Plus uitgevaar omdat hulle verslag doen oor kragonderbrekings in onder meer Kemptonpark.

Raadslede van ander politieke partye was vies omdat die VF Plus gereeld foto’s en video’s van stukkende transformators, kragkabels en meer publiseer om inwoners op hoogte te hou van kragprobleme in hul woongebiede.

Daar is aangevoer dat proporsionele raadslede nie dieselfde magte het as wyksraadslede in die metro nie.

Die VF Plus is van mening dat alle raadslede deur die gemeenskap verkies is en dus geregtig is op dieselfde inligting as wyksraadslede.

Hierdie verskynsel van die weerhouding van inligting aan proporsionele raadslede steek nou ook sy kop uit in Benoni en Germiston.

Die VF Plus dring daarop aan dat die speaker teen wyksraadslede optree wat proporsionele raadslede keer om hul werk effektief te verrig.

Die party het ʼn verantwoordelikheid teenoor sy kiesers en sal nie toelaat dat die party of sy kiesers doelbewus ondermyn word nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.