fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus sal nie toegee aan intimidasie van onwettige stakers in Tshwane

Die VF Plus, as koalisievennoot in die Tshwane-metroraad, sal nie toelaat dat stakende munisipale werkers medewerkers intimideer wat nie aan die onwettige staking wil deelneem nie.

Baie van hierdie werkers vrees vir hul lewe.

Die optrede van die onwettige stakers het ook veroorsaak dat dienslewering gedeeltelik gestaak is en verskeie munisipale kantore hul deure moes sluit.

Die VF Plus sal alles in sy vermoë doen om munisipale werkers wat nie wil staak nie, te help beveilig.

Stappe sal teen die onwettige stakers geneem word. Negentien werkers is reeds in hegtenis geneem vir openbare geweld en addisionele interne klagte wat tot ontslag kan lei.

Die VF Plus steun die metro se besluit om nie ʼn verhoging van 5,4% toe te staan nie weens die metro se benarde finansiële situasie.

Indien die salarisverhoging toegestaan word, kan dit daartoe lei dat die metro sy personeel sal moet verminder wat sal lei tot groter werkloosheid in die metro.

ʼn Verhoging van 5,4% sal die metro R600 miljoen ekstra per jaar uit die sak jaag.

Die party verstaan die frustrasie van die metro se personeel, maar om onwettig te staak en infrastruktuur te vernietig, is nie die oplossing nie.

Die VF Plus bedank die private veiligheidsmaatskappy wat gedurende hierdie tydperk aangebied het om die metro se infrastruktuur te beskerm.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.