fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus sal Mangaung dwing om hofbevel teen besetters uit te voer

Die VF Plus sal die Mangaung-metro dwing om die tussentydse hofbevel uit te voer wat die metro op 2 Maart bekom het teen onwettige grondbesetters in die Suide van Bloemfontein, wat insluit Lourierpark.

Dit het onder die VF Plus se aandag gekom dat hoewel die tussentydse hofbevel op ʼn dringende basis toegestaan is en bepaal dat enige onvolledige strukture wat op die eiendom opgerig is, sowel as alle boumateriaal verwyder moet word en dat die besetters die area moet verlaat, die burgemeester, mnr. Gregory Nthatisi en sy mede ANC-raadslede, besluit om nie die bevel te laat uitvoer nie.

Dit is nie ʼn besluit wat die burgemeester of enige raadslid kan neem nie. Die eiendom behoort aan die munisipaliteit en die hofbevel is in openbare belang bekom en moet uitgevoer word.

Dit is ook bevestig dat dit juis ANC-raadslede was wat die besetters aangemoedig het om die spesifieke gebied te beset.

Die ANC gebruik hierdie as ʼn verkiesingsfoefie om politieke punte aan te teken en kan daarom nie bekostig dat die hofbevel uitgevoer word nie.

Die VF Plus sal hom dus tot die hof wend om die metro te dwing om die bevel uit te voer en ook met die nasionale polisiekommissaris, generaal Fannie Masemola, skakel oor die effektiwiteit van die polisie se optrede in dié verband.

Die ANC-regering het die behuisingskrisis in Suid-Afrika geskep wat in 30 jaar nie daarin kon slaag om behoorlik te voldoen aan die behoeftes van Suid-Afrikaners nie.

Nou is dit die einste ANC wat misdadigheid en onwettige besettings aanmoedig omdat hy in die moeilikheid is by die stembus.

Die inwoners van Mangaung kan werklik nie meer die onbesonne en selfdienende ANC bekostig nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.