fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus staan ANC-mosie vir nog ʼn informele nedersetting in Ekurhuleni teen

Die VF Plus het ʼn onlangse mosie van die ANC in die Ekurhuleni-metroraad teengestaan wat grond wil proklameer vir die ontwikkeling van die Dukathole-informele nedersetting in wyk 35.

Die party se standpunt is dat daar eenvoudig nie fondse in die metro se begroting hiervoor is nie.

Die aansuiweringsbegroting wat onlangs aanvaar is, maak ook nie voorsiening vir dié soort uitgawe nie.

Ekurhuleni sukkel om die mees basiese dienste te lewer vir bestaande woongebiede en het gewis nie die geld om dienste aan nog ʼn informele nedersetting te lewer nie.

Die mosie bevat ook geen besonderhede oor die finansiële impak wat die ontwikkeling op die metro sal hê nie. Dit lyk eerder soos ANC-wensdenkery en nie gegrond op realiteit nie.

Daar is ook geen aanduiding van enige omgewingsimpakstudie wat onderneem is om vas te stel of die grond wel geskik is vir ʼn menslike nedersetting nie.

Ekurhuleni het verder ʼn plan aanvaar waarvolgens 119 informele nedersettings in die metro by nege beplande megastede ingelyf sou word. Dit sou die formalisering van informele nedersettings aanspreek, maar geen megastad is tot op hede geskep nie.

Die ANC-mosie lyk eerder na opportunistiese politiekery in aanloop tot die komende algemene verkiesing.

Die tyd het aangebreek om van die ANC as provinsiale regering ontslae te raak en te vervang met ʼn verantwoordbare en bevoegde koalisieregering waarvan die VF Plus deel sal wees.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.