fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus eis dat LUR hofbevel afdwing teen besetters in Lourierpark

Die VF Plus eis dat Vrystaat se LUR vir gemeenskapsveiligheid, paaie en vervoer, Maqueen Mathae, moet toesien dat die hofbevel teen onwettige besettings in Lourierpark uitgevoer word.

Sowat 6 000 besetters het begin om onwettige strukture op te rig op Lourierpark tussen Pellissier en Bloemdal langs die Jagersfonteinpad.

Die metro het reeds ʼn tussentydse hofbevel verkry teen die besetters. Ingevolge die hofbevel mag geen nuwe besettings plaasvind of strukture op munisipale eiendom aangebring word nie.

Die burgemeester van die Mangaung-metro, Gregory Nthatisi, het egter toestemming gegee vir die besetters om aan te bly. Dit druis lynreg in teen die hofbevel.

Dit is duidelik die ANC versuim om op te tree aangesien dit hom stemme kan kos in die komende verkiesing.

Volgens die VF Plus se inligting het ANC-wyksraadslede glo die besetters se grondhonger misbruik om die onwettige grondgryp aan te moedig.

Hoewel populistiese uitsprake gereeld oor grond en eiendom gemaak word, is dit die ANC in die Vrystaat se eie departement van menslike nedersettings wat in die 2022/2023-boekjaar slegs 36,7% van sy beskikbare behuisingsbegroting kon bestee.

In die proses het die departement misluk om meer as 81% van sy behuisingsteikens te bereik.

Dié departement moet jaarliks honderde miljoene aan nasionale tesourie (NT) teruggee weens mislukte behuisingsprojekte.

Die VF Plus is sedert Saterdag gereeld in kontak met die departement wat moet toesien dat wet en orde gehandhaaf word.

Die party sal die proses om ʼn finale hofbevel teen die onwettige besetters te verkry monitor en daarop aandring dat die metro dit eerbiedig en uitvoer.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.