Die VF Plus het uitgereik na Covid-19-manspasiënte wat in die Nekkies-oord in Worcester in skokkende toestande moet isoleer.
Nekkies is omskep in ‘n kwarantyngerief vir pasiënte wat in die Covid-19-inperkingstyd nie by hul eie huise kan afsonder nie.
Volgens pasiënte moet hulle na mekaar omsien en hul eie wasgoed doen. Pasiënte is nie heeltemal afgesonder nie en moet kamers deel.
Dit is onaanvaarbaar en alhoewel die Nekkies-oord aan die Breedevallei-munisipaliteit (De Doorns, Rawsonville, Touws River, Worcester) behoort, is die provinsiale departement van gesondheid verantwoordelik vir die pasiënte by die oord.
Die VF Plus reik intussen uit na die pasiënte deur vars vrugte aan hulle te voorsien.
Die VF Plus sal ook sy parlementslid, Philip van Staden, wat verantwoordelik is vir die gesondheid- en openbare werke en infrastruktuur-portefeuljes, versoek om dit op te neem met die onderskeie ministers.
Navrae: 076 296 2285