fbpx
Vryheidsfront Plus

Geleidelike heropening van skole: Skoolgemeenskappe wat verantwoordelikheid neem die groot wenners

Die minister van basiese onderwys, me Angie Motshekga, se aankondiging dat grade 6 en 11 in die week gaan terugkeer skool toe, het weereens die aandag op die ongelykheid binne die skoolstelsel gevestig.

In hierdie geval is die groot verskil egter nie verskillende welvaartsvlakke nie, maar die toewyding van skoolgemeenskappe.

Kleiner en onafhanklike skole steun baie sterk op elke ouer en kind om hierdie mikro-onderwysstelsels te laat werk. Daarom is sulke skole weke gelede reeds toegelaat om vir meer as die voorgeskrewe grade te open.

Intussen het die departement van basiese onderwys met kreatiewe modelle vorendag gekom. Elke skool kan dit, na gelang van plaaslike omstandighede, toepas om onderwys én sosiale afstand moontlik te maak. Aangesien gebrekkige en onvoldoende infrastruktuur 'n sleutleprobleem in Suid-Afrikaanse onderwys is, is hierdie modelle noodsaaklik.

Die deurslaggewende aspek van skoolheropening is dat besluite na die skoolvlak afgewentel word. Dit is ná dekades waartydens onderwysbesluite juis gesentraliseer is – iets wat die VF Plus deurlopend gekritiseer het.

Intussen is die belang van watervoorsiening by skole weer op die voorgrond. By skole wat nie in 'n posisie is om te open nie, is die probleem dikwels onvoldoende watervoorsiening.

Uiteindelik is die staatsopset 'n geïntegreerde geheel, waar swak dienslewering op een terrein die vermoë om ander basiese dienste te lewer, benadeel. In die afwesigheid van 'n staat wat nòg die wil, nòg die vermoë het om sy werk te doen, word die rol van plaaslike gemeenskappe al hoe belangriker.

Navrae: ‪074 166 5540

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.